Kom Kuier In Koingnaas
De Beers staak hulle myn bedrywighede in Koingnaas in 2008. Mynbedrywigede op klein skaal gaan egter voort deur Westcoast Resources wat later ontbind.
In 2014 verkoop De Beers al die huise in Koingnaas op ‘n oop veiling en lys die dorpie in my Kamiesberg Munisipaliteit wie se hoofkantoor in Garies is.
Vandag is meeste van Koingnaas se eiendomme is privaat besit.
Daar is tans sowat 60 mense wat permanent in Koingnaas woon in vergelyking met 1976 toe daar byna 1000 mense gewoon en werk het.
Die mense wat nou in Koingnaas bly is meestal afgetree – hulle is rustig – niks jaag hulle nie – behalwe miskien diegene wat nog by die mynbedryf betrokke is – al is hulle net betrokke as kleinskaal delwers.
Koingnaas is gelee in die sogenaamde Namaqualand Sandveld of ook bekend as die Namaqualand “Coastal Plains”. Die Atlantiese Oseaan is ‘n klipgooi van die dorpie af.
Die beste blomme tyd in die Namaqualand is tussen Augustus en September – maar dit moet ‘n lekker reen jaar wees voordat Namaqualand met baie blomme soos hieronder kan spog.
Daar is tans ‘n paar interresante ontwikkelings in Koingnaas aan die gang.
- Die eerste “tourism kiosks” of besoekers inligtings kantoor het oopgemaak.
- Daar word ‘n “Wild Flower Garden & Reserve” beplan op NaKoiJaMa Island
- ‘n Nuwe kamplek het oopgemaak in Koingnaas – dis veral gewild onder 4×4 toeriste
- Nuwe myn bedrywighede langs dei kus – behalwe vir diamante – is dalk in die pyplyn.
- ‘n Nuwe restaurant, koffie winkel en “take-aways” het oopgemaak.
- ‘n Nuwe “Pudo locker delivery system – the courier guy” is opgesit by die restaurant/kafee.
- En nog baie ander….