Koingnaas Vandag & Die Toekoms?
Hoe Lyk Koingnaas Vandag? Dit is noual ‘n hele kompie jaar sedert die De Beers Diamand Maatskappy die dorpie Koingnaas verkoop het. Dit is dus ook vanaf daardie tyd dat die Kamiesberg Munisipaliteit die dorpie se bestuur by De Beers oorgeneem het.
As jy die nuus in Suid-Afrika volg sal jy weet dat Kamiesberg Munisipaliteit een van die baie onbevoegde munisipaliteite in die land is – dit gaan maar sleg met die meeste van hulle.
Hoe lyk die toekoms vir Koingnaas? Die goeie nuus is dit: alhoewel daar redelik agteruitgang in die dorpie was in die laaste klompie jare – word daar nou iets daaraan gedoen.
Die Koingnaas Belastings Betalings Vereniging [KBBV] het op eie stoom begin om van die “potholes” in die paaie reg te maak – en nog ‘n paar nader goed om die dorpie beter te laat lyk.
Die KBBV bebruik die hande-arbeid van inwoners om teen betaling te help met hierdie ophou en verbeterings take.
Hierdie gemeenskaps-projek help om die dorpie weer mooi te maak.
Daar is goeie water in Koingnaas en die water infrastruktuur is nog redelik goed en in plek. Die kragtoevoer en beskikbaarheid is goed en word in stand gehou.
Koingnaas is in die hartjie van Namaqualand in die Standveld.
Behalwe vir die minimum van myn bedrywighede wat nog hier aangaan is hier nie werk nie. Hier is ook nie baie mense nie. Hier is ook nie ‘n “township” of “informele nedersetting” nie.
Daar is ongeveer 150 huise in Koingnaas en hulle is almal in privaat besit.
Hier is ‘n kafee en resturant/take away.