Koingnaas: Dorpie Gebou Op Diamante
Lank gelede in die vorige eeu [Aug 1976] het die GROOT diamant groep DE BEERS hierdie pragtige dorpie gebou vir sy hoofkantoor en vir sy belangrike personeel.
De Beers het self ‘n kilometer lange vliegveld gebou waarvandaan die 1000’e diamate “uit-gevlieg” kon word na die buiteland. Hiervandaan is dit regoor die wereld versprei is.
Lees meer hieronder oor die diamante bedryf en Koingnaas.
Die “foto” hierbo is ‘n “Google Earth Snapshot” van die bo-dorp gedeelte van Koingnaas – geneem ongeveer in 2005.
Hieronder is ‘n onlangse foto van die bo-dorp – geneem min of meer vanaf die vliegveld.
Die foto hieronder is van ‘n erf en wys ‘n tipiese huis in Koingnaas. Hie huise is sterk en stewig gebou en die erwe is tussen 800 tot 1000 vierkant ‘n meter groot.