• Facebook
  • Twitter
  • Pinterest
  • Instagram
Welkom By Koingnaas
Pages Navigation Menu
  • Home
  • Vrae en Antwoorde
  • Meer Inligting?
  • Kontak Ons

Ontwikkeling In Koingnaas

  • Posted On  July 24, 2021
  • Posted by  admin
  • Posted in   Ontwikkeling
  • Comments  2 Comments.

Soos voorheen genoem is daar tans n klompie ontwikkeling in en om Koingnaas.

Daar is hier en daar huise in Koingnaas te koop – die beste raad is om te kom kuier en self te kom kyk voordat jy ‘n besluit neem om huis te koop.

Daar word beplan om ‘n klompie kleiner erwe in Koingnaas op ‘n oop privaat stuk oop grond te registreer waarop mens sal kan huisbou.  Hierdie erwe word beplan naby die nuwe  “Wild Flower Gardens”, naby NaKoiJaMa eiland.

Hierdie erwe sal blykbaar 100% “Off-Grid” erwe wees en die bou van huise sal beperk wees tot kleiner “hout-kothuis” tipe eco vriendelike huisies – wat beskadiging van die omgewing sal beperk.

 

 

 

 

 

← Previous Post Next Post →

2 Responses so far.

  1. Elize Strydom says:
    August 19, 2021 at 6:23 am

    Goeie dag,
    Kan u asb. vir ons meer inligting beskikbaar stel asb.
    1. Wat is die inwoners getalle tans
    2. Is daar ‘n bestaande munisipaliteit of dorpsraad en indien wel, wie bestuur dit.
    3. Wat is die demografie van die bestaande dorpie
    4. Is daar skole, dr’s, kliniek, hospitaal of hoever is hierdie dienste van Koningaas asb.

    Reply
    • admin says:
      August 27, 2021 at 10:34 am

      Dankie vir jou vraag.

      Daar is ongeveer 150 groot 3 tot 4 slaapkamer huise in Koingnaas en dan is daar nog sowat 100+ woon-kamers in die ou De Beers Myn se enkel-kwartiere wat tans hoofsaaklik deur die plaaslike privaat myn maatskappy gebruik word.

      Daar is sowat 120 inwoners buite seisoen. Koingnaas is ver van ander dorpe af en het nie ‘n “deurpad/verbypad” deur die dorp nie. Die voertuie wat in Koingnaas aandoen is hoofsaaklik toeriste – vanaf SA en Namibia. Gedurende Aug-Sept is blomme-seisoen in Namaqualand en dan is die paaie besiger en die gastehuise vol.

      Ondat daar nie juis werk in Koingnaas is nie is daar ook nie tydelike behuising, ‘n “plakkerskamp of andere informele behuising nie”. Daar is ‘n paar klein tradisionele “NAMA” dorpies sowat 30-40-50km van Koingaas af – soos bv. Soebadsfontein-Kommegas-Klipforntein,ens.

      Ongeveer 50% van die inwoners werk tans vir die privaat myn naby Koingnaas – hulle wewrk op kontrak.

      Die “voertaal” van Koingnaas is tans hoofsaaklik Afrikaans.

      Koingnaas val onder die Kamiesberg Munisipaliteit, Noord-Kaap. Daar is reeds ‘n plaaslike Belasting Betalers Verening wat namens die inwoners/eienaars met die munisipalitiet praat om dienste te verbeter.

      In Koingnaas is ‘n paar gaste huise, twee klein kafees/winkels en ‘n restuarant met wegneem etes. Kleinzee is 70km weg en het ‘n paar groter winkels, ‘n hardeware, ens. Daar is ‘n mooi teerpad to by Kleinzee. Daar is nie tans skole of klinieke in Koingnaas nie. Die naaste kliniek is 20km weg in Hondeklipbaai. Daar is ook onlangs ‘n groot splinter nuwe kliniek/hospitaal gebou in Port Nolloth wat sowat 150km van Koingnaas is.

      Die grootse en naaste koopsentrums/hospiaal/doktors is in Springbok op die N7 pad. Springbok is tans die grootse dorp in Namaqualand – en sowat 100km tot 150km van Koingnaas is – hang af met wat se pad jy tot daar wil ry.

      Reply
Click here to cancel reply.

Leave a Reply Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Huise Te Koop In Koingnaas

Groei In Koingnaas

Erwe Te Koop In Koingnaas

Kampplek In Koingnaas

Help Bewaar Namaqualand Se Blomme

  • Facebook
  • Twitter
  • Pinterest
  • Instagram